Sosiaal

Sosiaal

Daar gebeur elke dag baie Rustieland.

Alhoewel akademie prioriteit 1, 2… en 3 is, lê sosiale aktiwiteite sterk 4de. Na jou eerste Groot Geraas en Massabank sal jy weet jy is tuis. Skud jou rooi vere reg vir ons jaarlikse Valentynsbal en oefen nou reeds jou danspassies vir die twee sokkies wat vir jou wag.

Elke graad reël graad socials waar almal mekaar beter leer ken. VVV! Nee, daar is beslis nie Vreemde Vlieënde Voorwerpe in Rustieland nie! Dit is ons kwartaallikse Vinnige Vleisie Vrydag. Ons gooi pouses saam en sorg vir musiek. Jy bring jou gasbraaiers saam en ons bou gees vir ‘n vale.

Vir jare neem Rusties deel aan Kringe-in-die-bos staptoer in Knysna.