Oorsig

Hoërskool Rustenburg neem jaarliks aan verskeie atletiekbyeenkomste deel. Die FICUS Byeenkoms is ʼn groot hoogtepunt vir Hoërskool Rustenburg se atletiek. Dit is ʼn spog byeenkoms wat jaarliks deur ons skool aangebied word by die Royal Bafokeng Sports Palace.

Prestige Byeenkomste

  • Driehoekbyeenkoms
  • FICUS
  • Top 10

  • Top 15
  • Top 30
  • NWU-Pukke Interskole Atletiek B-bond

Prestasie

Ons het in 2015 ʼn algehele vyfde plek behaal tydens die NWU-Pukke Interskole Atletiek byeenkomste in die B-bond. Hoërskool Rustenburg het vyftien atlete wat hulle Noordwes-kleure in 2015 verwerf het en sodoende gekwalifiseer het vir die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe, waartydens goue, silwer en brons medaljes verower is.

Uitsonderlike prestasies

  • Paul Botha, ons spiesgooier, is verkies tot die CAA Youth Team wat aan die CAA Youth Championships in Mauritius deelgeneem het.
  • Paul het verder gekwalifiseer vir die IAAF Wêreld Jeugkampioenskappe te Colombia. Hy het daarin geslaag om as wêreldkampioen uit die stryd te tree met ʼn wenafstand en persoonlike beste van 78m.