Oorsig

Bergfiets word al vir vier jaar by Hoërskool Rustenburg aangebied. Ons bied een van vier wedrenne in die Noordwes-reeks aan naamlik, die Tour de Boom.

Wedrenne

  • Deelneemers kan individueel aan die Nissan Trailseeker wedrenne deur die jaar deelneem.
  • Wedrenne in en om Rustenburg is Tour de Bos, Tour de Mielie en Tour de Dam. Deelneemers neem aan die wedrenne deel om sodoende te kwalifiseer vir die Noordwes-kampioenskappe.

Prestasies

  • Drie RHS-fietsryers het noordwes-kleure verwerf in 2015.

Fasiliteite

  • Ons is in die proses om ʼn Bergfietsbaan by die skool te bou.

Uitsonderlike Prestasies

  • Ons maak ook geskiedenis in 2015, waar Nicolene Marais vir al vier Noordwes-wedrenne die geel trui gedra het.
  • Nicolene het ook die Nasionale Kampioenskappe gewen en is ook die Interprovinsiale kampioen.