Oorsig

Boogskiet het in 2011 as amptelik sportsoort by Hoërskool Rustenburg begin. Ons spog met meer as agt-en-veertig Rustie-skuts.

Kompetisies

  • Boogskiet is ʼn sport wat deur die jaar aan onderskeie kompetisies in en om die dorp deelneem, om sodoende te kwalifiseer vir die Nasionale Kampioenskappe.
  • Talle skuts word gekies as “All Stars”, wat Suid-Afrika verteenwoordig in Amerika.

Prestasies

  • 2011-2015 wen die A-span van RHS die Nasionale Kampioenskappe.
  • Tydens kompetisies behaal ons skuts uitsonderlike prestasies soos trofeewenners, afdelingwenners en uitsonderlike spanprestasies.

Fasiliteite

Ons is die enigste skool in Suid-Afrika wat ʼn kompetisie standaard boogskietbaan het.

Uitsonderlike prestasies

Tydens die Nasionale Kampioenskappe, in 2015, is Limoné van Wyk as nasionale wenner gekroon.