Oorsig

Hoërskool Rustenburg se hoofdoel met landloop is om hardloop en oefen vir die atlete lekker te maak. Ons wil ʼn liefde vir hardloop kweek, wat hopelik ʼn leefwyse sal word. Ons het in 2014 die Noordvaal Landloopkampioenskappe aangebied. Ons is die aanbieders van die Tuks-skolereeks vir landloop in 2016.

Ligas

  • Bojanala Streek
  • Noordvaal Kampioenskappe

Prestasies

  • Ons spog met twee spanne wat aan die Noordvaal Landloopbyeenkoms te Potchefstroom in 2015 deelgeneem het.
  • Beide ons senior en junior dogterspanne het gekwalifiseer om by dié prestige byeenkoms te gaan hardloop.