Oorsig

Hoërskool Rustenburg het dertien netbalspanne, wat jaarliks aan verskeie toernooie en ligas deelneem. Ons netbalspanne woon ook verskeie kursusse tydens die vakansie by, ter bevordering van hulle spel en spandinamika.

  • A- en B-spanne neem aan die Tuks-skolereeks, Bojanala-liga, Coke-reeks, Platinum-reeks en SA Best Schools deel.
  • Die derdespan en C-spanne neem deel aan die Koster-toernooi en vriendskaplike wedstryde teen omliggende skole.
  • Ons eerste netbalspan neem ook jaarliks aan die Wildeklawer Netbaltoernooi deel, waar tien van die land se beste netbalspanne teen mekaar te staan kom.

Prestasies

  • Die 0/14A-netbalspan wen die Coke-toernooi en word ook as Noordwes-wenners gekroon.
  • Die O/17B-netbalspan is Tuks-skolereekswenners vir 2015 en O/14B-netbalspan was naaswenners.
  • Al ons A-spanne is Bojanala-streekswenners.
  • Vier-en-twintig leerders het hulle Noordwes-kleure verwerf in 2015.

Uitsonderlike prestasies

  • Zanri Vermeulen is aan die einde van die SA All Ages Toernooi aangewys as een van die Top30 netbalspelers tydens die toernooi.

Spesiale projekte

  • Percy du Toit van die Universiteit van Noordwes het ʼn baie interessante kursus oor sport uitnemendheid en spanbou, gefokus op spandinamika, karakterafrigting om piek prestasie te bevorder, aangebied aan ons afrigters en dogters.
  • Elize Kotzé, voormalige afrigter van die Protea netbalspan, kom assisteer ons spanne ter voorbereiding vir die SA Best Schools