Oorsig

Swem by Hoërskool Rustenburg is ʼn sport wat deur die jaar plaasvind.

Galas

  • RHS-interhuis

Interhoër

  • Noordwes-skolekampioenskappe.
  • SA Vlak 1,2 en 3 kampioenskappe.

Prestasies

  • Ons het in 2015 die interhoër aangebied en ook die interhoër gewen.
  • Hoërskool Rustenburg het drie verteenwoordigers by die Vlak 2 Suid-Afrikaanse Swemkampioenskappe.
  • Hoërskool Rustenburg het twee verteenwoordigers by die Vlak 1 Suid-Afrikaanse Swemkampioenskappe.
  • Twee leerders verwerf hulle provinsiale kleure.

Fasiliteite

Ons beskik oor ons eie skoolswembad, maar maak ook gebruik van die dorpswembad tydens galas.

Uitsonderlike prestasies

  • Jana Coetzé het tydens 2015 deelgeneem aan die Vlak 2 Suid-Afrikaanse Swemkampioenskappe en nie minder nie as sewe medaljes verower, ses goud en een silwer.