APPS VIR LEER, VERMAAK EN SOMMMER NET

Die RRR-lede het ‘n paar apps uitgetoets wat jy verniet op jou selfoon kan aflaai en gebruik. Sommige apps is om die lewe vir jou makliker te maak, te help met studies of net pret om te gebruik.

APPS WAT HELP MET SKOOLWERK:


• All in one formula
Olerato Sejosengoe verduidelik dat ‘All in one Formula’ formules van Wiskunde, Chemie, Fisika en Ingenieurswese bevat. Dit is perfek om te gebruik indien jy meeste van hierdie vakke het en soms deurmekaar raak met die formules.

• Chegg Prep
Chané Marais sê dat Chegg Prep gebruik kan word om digitale flitskaarte te skep. Jy kies die relevante flitskaarte vir jou gebruik en kan jou self of vriende uitdaag en leer pret maak. Perfek vir wanneer jy moet leer vir ‘n toets.

• Socratic
Socratic, voorgestel deur Zelmari Kruger, help jou om jou skoolwerk beter te verstaan. Die vakke en leerwerk wat die toepassing insluit is: algebra, meetkunde, trigonometrie, lewenswetenskappe, chemie, fisika, geskiedenis en letterkunde. Stel ‘n vraag aan die Socratic toepassing en dit sal die beste aanlynbronne vind om dit te beantwoord.

APPS VIR VERMAAK:


• Wattpad
Hierdie is veral vir boekliefhebbers. Minette Kloppers verduidelik dat ‘n wêreld van miljoene verhale (van romans, rillers tot gedigte) vir jou oopmaak. Jy kan die stories aanlyn lees. Daar is ‘n verskeidenheid genres beskikbaar vir enige smaak.

• Duolingo
Duolingo kan gebruik word om ‘n nuwe taal te leer, sê Zachary Wangra. Daar is tans 35 verskillende tale beskikbaar. Duolingo help gebruikers speel-speel om hulle vaardighede te verbeter. Jy leer ‘n nuwe taal praat, lees en skryf. Dit voel soms meer soos ‘n aanlyn-speletjie met verskillende vlakke.

• Comica
Vir iets anders stel juffrou Bianca Greyling ‘Comica’ voor. Jy kan jou foto’s omskep in strokiesprente of tekenprente. Dit is perfek om ‘memes’ te skep spraakbalonne by foto’s te voeg. Die beste app vir pret met strokiesprente.

• Reface
Wil jy graag weet hoe sou jy lyk as Superman? Reface wat in die top 5-app in meer as 100 lande is, kan jy jou gesig ruil met bekendes en so sien hoe jy sou lyk in sekere rolle. Jy kan skreeusnaakse memes en gifs skep.

• Fabulous: Daily Motivation and Habit Tracker
Fabulous kan jou help om prioriteite te stel, meer gefokus te wees, gewig te verloor, goeie gewoontes aan te leer en beter te slaap. Dit ondersteun jou om nuwe gesonde gewoontes in jou lewe in te bou en hou jou gemotiveerd. Verskeie opsies is beskikbaar om vir jou ‘n unieke ervaring te skep. Funksies vir meditasie, oefenroetines en vele meer is beskikbaar.

– Lezandri Coertze

September 8, 2021
Persoon wat die Comica app aflaai

APPS VIR JOU GEBRUIK

APPS VIR LEER, VERMAAK EN SOMMMER NET Die RRR-lede het ‘n paar apps uitgetoets wat jy verniet op jou selfoon kan aflaai en gebruik. Sommige apps […]
September 8, 2021

RUSTIE LEWENSREDDERS

NIE ALLE HELDE DRA KAPPIES NIE Almal lees van storieboek helde en die wat in flieks is, maar wat van die helde onder ons neuse? Die […]