Rustieraad 2022 GLS-Leierskapsontwikkeling

by Admin
27 May 2022

RHS SE EEUFEESLEIERS WOON GLOBAL LEADERSHIP SUMMIT BY

By die Hoërskool Rustenburg glo ons daarin om uitnemendheid onder ons leiers te kweek. Om hierdie rede woon elke jaar se nuutverkose Rustieraad die gesogde Global Leadership Summit (GLS) -geleentheid te Agape gemeente by. Op 23 Oktober het die leiers saam met ‘n paar Rustie-onderwysers hul opwagting by die byeenkoms gemaak.

Juffrou Vickie Jonker, aan die stuur by die Rustieraad, keer elke jaar terug saam met haar leierspan.

“Die GLS is ‘n besonderse geleentheid vir persoonlike ontwikkeling, dit inspireer innoverende denke en motiveer leiers. Dit is vir my ‘n bron van inspirasie wat ek as basis kan gebruik om nuwe passievolle leiers te rig en te lei. Die kwaliteitsprekers bring elk ‘n unieke leierskapstyl na die tafel toe, met gerigte denke wat mense in enige situasie kan toepas,” verduidelik sy. “Elke leerder kry dus wêreldgehalte opleiding, kan kennis put vanuit die denke van leiers oor die wêreld heen en die blootstelling inspireer hulle om self visionêre leiers te word.”

Volgens juffrou Vickie omvat die onderwerpe wat bespreek word sosiale, ekonomiese en persoonlike kwessies. Die waardes en wyshede kan mens dan self toepas, verduidelik sy,, en dit dra by tot die verdere vorming van elke leier se leierskapwaarde.

Voornemende eeufeesleier Marli Visser was veral geinspireer deur Craig Groeschel (‘n Amerikaanse pastor) se woorde “Everybody wins when the leader gets better”. Sy sê: “Ons het geleer van die afkorting PUC wat staan vir Pain, Uncertainty en Chaos. Craig het gefokus op hoe om ons PUC reg te bestuur tot voordeel van die span saam met wie jy werk.”

Stefan Steenkamp, Rustieraad 2022, het gesê, “Die top 5 goed wat ek weggeneem het van die Summit was (1) Jy moet nooit opgee nie, (2) Onthou wat jy doen maak saak, (3) Wat jy sê is belangrik – hoe jy mense hanteer het ‘n impak, (4) Lewe buite jou gemaksone, en (5) Dis baie belangrik om partykeer ‘n breek te vat.

Die GLS was ‘n groei- en ontwikkelingsgeleentheid vir leerders en onderwysers. Geïinspireerd en gemotiveerd het hulle terugkom om ‘n verskil in die Hoërskool Rustenburg te kom maak.

Meer Rustie Nuus

Eeufees Gala-aand

Eeufees Gala-aand

Hoërskool Rustenburg Eeufees Gala-aand Kom vier 100 jaar saam by ons spoggerige Eeufees Gala-aand met vermaak deur Bottomless Coffee. Waar: Hedgehog's Nest, Rustenburg Wanneer: 28 Oktober 2022 Tyd: 18:30 vir 19:00 Bespreek by Nerina Odendaal -...

read more
100 Jaar Immergroen Fees!

100 Jaar Immergroen Fees!

Kom vier saam met ons ‘n volle EEU van Rustie wees! Hierdie jaar vier Hoërskool Rustenburg ons 100ste bestaansjaar en ons doen dit in styl. Kom geniet ‘n fees saam met ons op ons sportsvelde. Daar sal ‘n interessante mark wees, kosstalletjies en van ons land se...

read more
OUD-RUSTIES TUIS AS RHS ONNIES

OUD-RUSTIES TUIS AS RHS ONNIES

Die amper 100 suksesvolle jare van die skool se bestaan sou nie moontlik wees sonder Rusties se ervare onderwysers nie. Interessant genoeg is heelwat van die Hoërskool Rustenburg se personeel voormalige Rusties. Ons het meer gaan uitvind oor hoekom hulle by hul...

read more