12 MOET-LEES BOEKE 2021

OUD-RUSTIES TUIS AS RHS ONNIES
October 12, 2021
OP SOEK NA ‘N GOEIE FLIEK?
October 29, 2021

12 MOET-LEES BOEKE 2021

2021 SE LYS VAN MOET-LEES BOEKE VIR RHS-TIENERS

Is jy verveeld en wil jou wêreld vir ‘n paar ure verruil vir een waar alles moontlik is? Geen idee wat om oor ‘n naweek of die Desember vakansie te doen nie? Lees ‘n boek en verdwyn in ‘n ander wêreld in. Die RRR het navorsing gedoen om 12 YA (Young Adult) boeke te kies wat jy ten minste een keer in jou lewe moet lees.

1.Percy Jackson/ Heroes of Olympus Reeks deur Rick Riordan

Percy Jackson het ‘n normale lewe gelei totdat hy die waarheid uitgevind het oor wie sy biologiese pa is. Dit was niemand anders as die griekse god, Poseidon, nie. Nou leef hy ‘n lewe gevul met monsters wat hom jag en profesieë wat hom saam met sy vriende op avonture stuur. Iemand wie hy vertrou het, roep die wraakste ding wat die gode ken, en Percy is deel van die profesie wat almal moet red…

Heroes Of Olympus welkom jou terug in Percy Jackson se wêreld in. Meer half-bloods kom na vore om te help met ‘n groter dilemma wat die gode in gevaar stel. Percy is saam ou en nuwe vriende opsoek na maniere om te help, maar ‘n probleem duik op – Percy het geen geheue van wie hy werklik is nie. Met die hulp van sy vriende probeer hulle dit sy geheue terugkry.

Gevul met avontuur en griekse mitologie, Percy Jackson is ‘n moet-lees-verhaal.

2.Harry Potter reeks deur J.K. Rowling

Alhoewel baie van ons bekend is met die flieks, is die boeke steeds ‘n belewenis met meer detail en intriges. Harry Potter het saam met die Dursleys gebly vandat hy ‘n baba was. Die Dursleys was onvriendelike mense. Alles verander vir Harry wanneer hy in die pos ‘n brief kry wat hom na Hogwarts toe nooi. Hy leer oornag dat ‘n ander wêreld bestaan en dat daar vele uitdagings in die tower wêreld op hom wag. Hy leer van He-who-must-not-be-named wat verantwoordelik is vir die dood van sy ouers. Te same met hierdie nuwe kennis moet hy saam met sy vriende Hermione en Ron probleme oplos, uit gevaarsituasies uitkom en uiteindelik die Wizarding World red.

Gevul met towerspreuke, interessante karakters en avontuur is die Harry Potter-reeks die moeite werd om te lees.

3.One Of Us Is Lying deur Karen M. McManus

Hierdie tande-knerser is ‘n moet vir ouer leerders. Dit hou jou op jou tone omdat di teen intrige na die ander is. Hierdie spanningsvolle roman fokus of vier moordverdagtes. Daar word uit elkeen se perspektief gekyk – wat hulle kon dryg tot so ‘n gruweldaad en hulle reis as karakters. Die boek delf dieper in die psige van die tiener. Daar is karakterontwikkeling en diversiteit. As leser word jy meegevoer in die wêreld waarin die karakters hulle bevind en kry jy te make met die klassieke Amerikaanse stereotipes wat in hoërskool voorkom – die prinses, die brein, die grapmaker, die misdadiger en die uitgeworpene.

4.Spud deur John van de Ruit

Hierdie boek volg 13-jarige Spud Milton wat na ‘n uitsoek seunsskool toe gestuur word. Vervloek met disfunksionele ouers en ‘n mallerige ouma het hy sy hande vol met sy nuwe mede-leerders en kamermaats. Met skertsende humor neem hy jou saam met hom op avonture van onwettige middernag swem, katastrofiese krieket wedstryde, monsters vang en vakansies vol rampe. Hierdie boek sal jou maak skaterlag en vasgenael hê tot die laaste bladsy.

5.Nancy Drew deur Carolyn Keene

Die reeksboeke wat bestaan uit ‘n totaal van 52 boeke, is verseker die moeite werd. Die stories volg ‘n jong meisie wat misdade en inbrake oplos. Elke boek bied ‘n nuwe misdaad wat Nancy op ‘n groot avontuur vat. Hierdie reeks is interessant, ‘n lekker-lees boek en hou jou op jou tone. Die Nancy Drew boeke is ook al baie kere omskep in reekse en films.

6.The Summer I Turned Pretty deur Jenny Han

Belly het altyd haar somers saam met haar ma en broer by die somerhuis van haar ma se beste vriendin deurgebring. Vir so lank as wat sy kan onthou, was sy verlief op Conrad Fisher, een van die seuns van haar ma se beste vriend. Hy voel wel nie dieselfde nie, tot hierdie somer aanbreek en Conrad besef sy het verander en sy is nie meer geintresseerd in hom nie. Die storie brei uit oor die verandering in hulle vriendskap en waarhede wat op die lappe kom. The Summer I Turned Pretty is perfek vir romanse-liefhebbers.

7.Twilight reeks deur Stephanie Meyer

Hierdie reeks boeke bevat fantasie en romanse. Alhoewel meeste al die flieks gekyk het, bied die boeke ‘n meer in diepte kyk na die wêreld van ‘vampires en werewolves’ wat hulle in die rustige dorp Forks bevind. Dit is ‘n moet-lees tienerboek, een van die gewildste boeke waar ‘n tiener meisie (Bella) verlief raak op iemand wat haar lewe elke dag in gevaar stel. Sy ontdek die geheime van die Cullen-familie en dat selfs die inboorlinge ‘n geheime geskiedenis het. Hierdie reeks, wat bestaan uit vier boeke, is propvol avontuur, aksie, romanse en spanning.

8.Enchanted Ivy deur Sarah Beth Durst

Lily en haar ma sluit by haar oupa aan tydens sy jaarlikse reünie by die universiteit van Princeton. Daar verras haar oupa haar met sy verlede en sy ontmoet die lede van The Knights of Princeton. Sy word die geleentheid bied om die Legacy Test af te lê. Al wat van haar verwag word is om die Ivy Key te vind en dan words sy by Princeton aanvaar. Sy dink dit is ‘n eenvoudige taak, todat gargoyles begin praat en boekrakke vanself beweeg. Enchanted Ivy bevat mitologiese wesens, gevegte, sleutels tot geheime deure en neem jo una ‘n opwindende tower-wêreld.

9.Legend Trilogy deur Marie Lu

Day is een van die mees gesoekte misdadigers in die Republiek. June en haar broer, Metias, werk vir die Republiek. Toe Metias dood gevind word, word al die skuld op Day geplaas. June sal enige iets doen om wraak te neem en sy moordenaar vas te trek. As geheime agent probeer sy die misdadiger vastrek. Legend is ‘n distopie reeks wat jy nie neer kan sit nie. Jy sal die woorde: “Net nog een hoofstuk,” bly herhaal totdat die boek voltooi is en dan begin jy met die volgende een in die reeks.

10.The Hunger Games reeks deur Suzanne Collins

Die gewilde reeks gaan oor ‘n 16-jarige meisie, Katniss Everdeen, en haar stryd om oorlewing in ‘n toekoms waar kinders teen mekaar moet veg in ‘n arena totdat een oorbly. Dit is die straf vir die mislukte rebellie deur Distrik 13 teen die Capitol. Die verhaal begin op die dag wanneer die deelnemers van Distrik 12 gekies word. Katniss se sussie se naam word getrek en sy bied aan om haar plek in die arena te neem. Die boeke delf dieper in die bekende storie. Die karakters sal jou meevoer en die aksiebelaaide hoofstukke sal jou boei. Die boeke wys wat iemand sal doen om op te staan vir dit waarin jy glo.

11.I Am Number Four deur Pittacus Lore

I Am Number Four is ‘n wetenskaplike fiksie waar nege kinders het van hul sterwende planeet ontsnap. Slegs ses is oor. Toe vyandelike vreemdelinge hul planeet binneval en hul mense begin doodmaak, is die keuse gemaak om van die kinders na die planeet Aarde te stuur. Elkeen het ‘n nommer ontvang en het in verskillende rigtings gegaan. Hulle is aan mekaar verbind deur hierdie konneksie en toe van hulle begin sterf en die ander dit voel weet hulle dat hulle selfs nie veilig op Aarde is nie. Na jare se weghardloop is Four word moeg – moeg om sy naam voortdurend te verander, by ‘n nuwe plek te bly. Hy besluit dit is tyd om standpunt in te neem en die wat hom jag te konfronteer.

12.The Maze Runner deur James Dashner

Die reeks boeke speel af in ‘n verre toekoms, waar ‘n groep tieners op geheimsinnige wyse hulself in ‘n reuse-klip-doolhof bevind. Hulle het geen herinneringe van hulle vorige lewens nie en ook nie hoekom hulle in hierdie posisie beland het nie. Dinge begin verander toe ‘n meisie haar opwagting maak. Hulle ontvang nie meer kos en ander items vanaf die ondergrondse hysbak nie. Met ‘n opbou van gebuere, besef die groep dat hulle die veilige hawe waar hulle hul bevind sal moet verlaat en die doolhof betree. Die doolhof vol spinnekop-agtige monsters, gevare en moontlik geen uitkomkans is hulle enigste hoop op oorlewing. Soos jy verder lees word die legkaart duidelik en elke hoofstuk pas inmekaar wat lei tot die slotsom van die situasie waarin die karakters is.

-Danae Hindmarsh-Russell & Zelmari Krüger