AFFIES PRESTIGE NETBALTOERNOOI

NETBALKAMP: RALOKA
April 29, 2021
PAARL GIM NETBALFEES 2021
May 4, 2021

AFFIES PRESTIGE NETBALTOERNOOI

RUSTIES NATUURLIKE NETBALTALENT

Hoërskool Rustenburg se o/14-,o/15- en o/17 A-netbalspanne het vanaf die 26ste tot die 28ste April aan die Affies Prestige Netbaltoernooi 2021 deelgeneem.

Die netbaltoernooi is ‘n bekende byeenkoms aangebied deur Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria. Die netbaltoernooi fokus op die ontwikkeling van netbalspelers en word beskou as ‘n netbalslypskool met gesonde wedywering tussen deelnemende skole.

By vanjaar se byeenkoms was daar 15 deelnemende skole. Hoërskool Rustenburg se netbalspanne het die volgende plekke tydens die toernooi behaal:

o/14A agste plek

o/15A derde plek

o/17A 10de plek

 

Zane Maritz, netbalspeler van die o/15A-span, het die volgende te sê oor haar ervaring by die Affies Prestige Netbaltoernooi 2021: “Netbal is vir ons lekker. Dus was ons opgewonde om na ‘n jaar weer netbal te kan speel. COVID-19-protokol was baie professioneel tydens die toernooi uitgevoer. Ons het wedstryde verloor en gewen. Met die wedstryde het ons baie geleer en as ‘n span saamgewerk om elke keer te verbeter. Ons sien uit na volgende jaar se toernooi “

Baie geluk aan die spelers en ook aan die afrigters met ‘n suksesvolle toer agter die rug.

– Olerato Sejosengoe

Leerders en afrigters het vir die foto’s hul maskers afgehaal.