EERSTEKRIEKETSPAN

KOORKAMP 2021
April 19, 2021
SKAAK RHS
April 19, 2021

EERSTEKRIEKETSPAN

KRIEKETKAMPIOENE

Die eerste krieketspan slaan die eerste kwartaal van 2021 ‘n ses. Indien jy die krieketspan se wedstryde bygewoon en ondersteun het, sal jy saamstem dat die Hoërskool Rustenburg talentvolle krieketkampioene het. Vier van hierdie span se kampioene is ook familie (Charl Naudé, Luan Bischoff, Drikus Bischoff en Evan Labuschagne).

Charl Naudé, krieketkaptein van die eerstespan, sê: “Ons sukses is te danke aan die feit dat ons almal goed oor die weg kom. Ons is ‘n eenheid en werk saam as ‘n span.”

Uit die vyf wedstryde wat hulle voor die naweek gespeel het, het hulle almal gewen. Hulle het selfs die rugby tydens die “Rugby vs Krieket”- wedstryd van 31 Maart geklop.

Charl het verder gesê dat krieket bietjie stiller gaan wees aangesien die wintersportsoorte gaan afskop. Hulle sal weer in die vierde kwartaal voluit voortgaan.

– Danae Hindmarsh-Russell