RUSTIE LEWENSREDDERS

MMR 2021
MENEER EN MEJUFFROU RUSTIE 2021
August 31, 2021
Persoon wat die Comica app aflaai
APPS VIR JOU GEBRUIK
September 8, 2021

RUSTIE LEWENSREDDERS

NIE ALLE HELDE DRA KAPPIES NIE

Almal lees van storieboek helde en die wat in flieks is, maar wat van die helde onder ons neuse? Die Lewensredders.

‘n Lewensredder is soos ‘n stormskuiling. Jy het dit miskien nooit nodig nie, maar as jy doen, kan die persoon jou lewe red.

Lewensredding is die handeling van redding, reanimasie en noodhulp. Dit verwys dikwels na waterveiligheid en waterreding; dit kan egter ysredding, vloed- en rivierredding, swembadredding en ander mediese nooddienste insluit. Dit vat 100 % toewyding en harde werk.

Chris Nel en Hendré van den Bergh, is twee junior hoërskool lewensredders, leerders aan die Hoërskool Rustenburg, wat opleiding ontvang om gekwalifiseerde lewensredders te wees. In Mei het hulle die vaardighede wat hulle geleer het toegepas by Sun City se Ultra triathlon-kompetisie. Dit het toewyding en harde werk geverg om tot by hierdie punt te kom om uiteindelik as lewensredders te kon optree.

Die grootste uitdaging volgens Hendré is om die mense te help, veral as iemand tussen ‘n groep mense is. Eerstens moet hulle ‘n manier vind om die drenkeling te bereik en dan moet hulle hom terug bring na die strand. Die uitdaging word groter as die voormalige drenkeling nie asemhaal nie. Dan moet die lewensredders tot aksie spring en die persoon weer kry om asem te haal. Die tegniek wat die meeste gebruik word vir hierdie tipe situasies, word ‘n herbesetting genoem of soos amal dit ken CPR.

Lewensredding plaas die lewensredder onder baie druk. Hulle moet gereed wees om tot aksie te spring op enige  teken van moeilikheid, maak nie saak hoe klein nie. Hendré het nog nie van te vore onder druk gewerk nie, maar dink hy sal beslis as die situasie jom voordoen kan optree., veral met die hulp van sy ingeoefende.

Toe hy gevra was wat hul alles doen by die oefeninge, antwoord Hendré: “Ons het poppe wat vol water gemaak word wat in die water gegooi is en ons van die bodem af moet red.” Hulle oefen elke Saterdag van af 08:00 tot 10:00. Hendré en Chris se opleiding eindig volgende jaar en hulle sien uit om mense te help en meer veilig te laat voel.

 

-Zelmari Krüger & Danae Hindmarsh-Russell