Tenders

TENDER GERIG OP INVORDERINGSPROSES
Tender-vereistes:
Ø Aantal jare ervaring in invorderings met volledige inligting ten opsigte van verwysings wat gekontak word.
Ø Kwalifikasies met gewaarmerkte bewys daarvan.
Ø Omvang van invorderingskantoor deur die voorsiening van ʼn organogram van personeel met ʼn uiteensetting van besigheidsheidsportefeuljes.
Ø Uiteensetting en verklaring van invorderingsproses wat in praktyk toegepas word.
Ø Stelsels en sagteware-programme in gebruik wat invorderingsproses steun.
Ø Uiteensetting van oorhandigingsproses waarmee volledige dokumentasie vanaf Hoërskool Rustenburg oorhandig, verseker word.
Ø Uiteensetting van koste-strukture, asook betaling aan Hoërskool Rustenburg ten opsigte van gevorderde inbetalings.
Ø Uiteensetting van ondersteunende onderlinge kommunikasie tussen die Maatskappy en Hoërskool Rustenburg om invorderingsproses optimaal te bestuur.
Die tender sluit 3 Desember 2021 om 14:00.
Die onderhoude vir die tender vind plaas gedurende die 3de week van Januarie 2022
Die suksesvolle maatskappy(e) sal voor/op 1 Februarie 2022 bekendgestel word vir implementering 1 Maart 2022.
Die bewese maatskappy moet asseblief die volledige aansoek elektronies voor/op 3 Desember 2021 om 14:00 na anita@hsrtb.co.za stuur.
Die inhandiging van die harde kopie by die Hoërskool Rustenburg se ontvangs, vir me. Anita van Heerden se aandag, is opsioneel.