Oorsig

Hoërskool Rustenburg neem jaarliks aan verskeie atletiekbyeenkomste deel. Die FICUS Byeenkoms is ʼn groot hoogtepunt vir Hoërskool Rustenburg se atletiek. Dit is ʼn spog byeenkoms wat jaarliks deur ons skool aangebied word.

Prestige Byeenkomste

  • Abrie van Staden
  • FICUS
  • Top 10

  • Top 15
  • NW-interhoër
  • NWU-Pukke Interskole Atletiek B-bond

Prestasie

Ons het in 2018 ʼn algehele vyfde plek behaal tydens die NWU-Pukke Interskole Atletiek byeenkomste in die B-bond. Hoërskool Rustenburg het twaalf atlete wat hulle Noordwes-kleure in 2018 verwerf het en sodoende gekwalifiseer het vir die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe, waartydens goue, silwer en brons medaljes verower is.

Uitsonderlike prestasies

  • Nicola van der Merwe het Suid-Afrika by die Afrika-jeugkampioenskappe verteenwoordig en puik presteer.