Oorsig

Boogskiet het in 2011 as amptelik sportsoort by Hoërskool Rustenburg begin. Ons spog met meer as 60 Rustie-skuts.

Kompetisies

  • Boogskiet is ʼn sport wat deur die jaar aan onderskeie kompetisies in en om die dorp deelneem, om sodoende te kwalifiseer vir die Nasionale Kampioenskappe.
  • Talle skuts word gekies as “All Stars”, wat Suid-Afrika verteenwoordig in Amerika.

Prestasies

  • Wen vir die 7de jaar die Bulls Eye kompetisie. Die Rustie-spanne eindig eerste, tweede en derde in hierdie kompetisie.

Fasiliteite

Ons is die enigste skool in Suid-Afrika wat ʼn kompetisie standaard boogskietbaan het.

Uitsonderlike prestasies

  • 6 Skuts ontvang in 2018 Noordwes-kleure.
  • 4 Skuts ontvang in 2018 SA-kleure.
  • S.J Nel behaal ‘n 3de plek tydens die wêreldkampioenskappe.