Oorsig

Hoërskool Rustenburg het dertien netbalspanne, wat jaarliks aan verskeie toernooie en ligas deelneem. Ons netbalspanne woon ook verskeie kursusse tydens die vakansie by, ter bevordering van hulle spel en spandinamika.

  • A- en B-spanne neem aan die PUK-skolereeks, Bojanala-liga, Coke-reeks, Platinum-reeks en SA Best Schools deel.
  • Die derdespan en C-spanne neem deel aan die Koster-toernooi en vriendskaplike wedstryde teen omliggende skole.
  • Ons eerste netbalspan neem ook jaarliks aan die Wildeklawer Netbaltoernooi deel, waar tien van die land se beste netbalspanne teen mekaar te staan kom.

Prestasies

  • Die 0/14A-netbalspan wen die Coke-toernooi en word ook as Noordwes-wenners gekroon.
  • Al ons A-spanne is Bojanala-streekswenners.
  • Drie-en-twintig leerders het hulle Noordwes-kleure verwerf in 2018.

Uitsonderlike prestasies

  • Zanri Vermeulen is aan die einde van die SA All Ages Toernooi aangewys as een van die Top30 netbalspelers tydens die toernooi.