aprilvakansie

OM KOP TE HOU ONDER DIE WATER

Onderwaterhokkie SA kampioenskappe 2021

RHS se eerste en o/15 onderwaterhokkiespan was tydens die Aprilvakansie in die Kaap waar hulle teen ander provinsies deelgeneem het. Ongelukkig het hulle verloor teen Noord-Gauteng net voor die finaal.

Juffrou Jeanne is baie passievol oor onderwaterhokkie. Sy rig die sport al vir 32 jaar by RHS af. Ek het haar gevra om ‘n paar interessante feite oor hierdie watersport met ons te deel. Onderwaterhokkie het in die 1970’s in Suid-Afrika ontstaan deur duikers wat fiks wou bly. Dit was eers gespeel met lang stokke en ‘n massiewe swaar puc op die bodem. Dit het ‘n internasionale sport geword, maar met kort stokkies.

Juffrou Grobler het saam met ‘n groep van Suid-Afrikaanse dames in 1991 aan die wêreldkampioenskappe in-Nieu Seeland deelgeneem. Hulle het daardie jaar met goud weggestap na hul wen. Dit was ook die eerste jaar wat SA toegelaat was om deel te neem as gevolg van die politieke omstandighede wat vroeër in die land geheers het. “Sonder ‘n landsvlag en sonder ‘n volkslied was ons nes rebelle. Gelukkig het ons nog steeds gewen,” sê sy.

 

Ons het met Jurica Winter, o/15 speler, gaan praat oor haar ervaring by die SA-kampioenskap. Sy sê die volgende: “Ek het besluit om onderwaterhokkie te begin doen in graad 7 nadat Chané Marais (tans op die Rustieraad) my betrek het en aangemoedig het om die sport te doen. Dit het ongelooflik lekker geklink.”

Jurica, ‘n passievolle speler, het verder uitgebrei oor die uitdagings van die sport: “My posisie, forward, is moeilik want aan die begin van ‘n wedstryd is daar baie druk op my omdat ek vinnig vorentoe moet gaan en die puc kry. As ek terugval terwyl ons speel is dit moeilik om weer deur te breek vorentoe.”

Meeste mense dink dat spelers lank hulle asems moet ophou, maar dit is glad nie die geval nie. Tydens ‘n spel gaan die spelers heeltyd op en af, verduidelik Jurica. Alhoewel daar die heeltyd beweging in die swembad is, maak die bril die spel sigbaar. Dit is omdat spelers hul bril smeer met spoeg om te keer dat die dit nie toe wasem nie.

Onderwaterhokkiespelers kan hul sport by Hoërskool Rustenburg se swembad beoefen omdat dit spesiaal ontwerp is soos ‘n onderwaterhokkiebaan.

– Juanel Geer

Foto’s van die Rustie argief is vir die artikel gebruik. 

May 7, 2021

MEER OOR ONDERWATERHOKKIE

OM KOP TE HOU ONDER DIE WATER RHS se eerste en o/15 onderwaterhokkiespan was tydens die Aprilvakansie in die Kaap waar hulle teen ander provinsies deelgeneem […]
May 4, 2021

PAARL GIM NETBALFEES 2021

RUSTIENETBAL VLIEG KAAP TOE VIR FEES Die Hoërskool Rustenburg se eerste netbalspan was een van 12 topnetbalspanne wat vanjaar vanaf 28 April tot 1 Mei aan […]
April 30, 2021

AFFIES PRESTIGE NETBALTOERNOOI

RUSTIES NATUURLIKE NETBALTALENT Hoërskool Rustenburg se o/14-,o/15- en o/17 A-netbalspanne het vanaf die 26ste tot die 28ste April aan die Affies Prestige Netbaltoernooi 2021 deelgeneem. Die […]
April 29, 2021

NETBALKAMP: RALOKA

RUSTIE-NETBAL GAAN KAMP Ter voorbereiding vir die netbalseisoen wat voorlê, het die Hoërskool Rustenburg se o.14-,o.15-, 16A- en B-netbalspanne die naweek van die 22ste tot die […]