PaarlGim

RUSTIENETBAL VLIEG KAAP TOE VIR FEES

Die Hoërskool Rustenburg se eerste netbalspan was een van 12 topnetbalspanne wat vanjaar vanaf 28 April tot 1 Mei aan die jaarlikse netbalfees deelgeneem het en elke Rustie het hulle beste gegee.

Karli Hendrikse, kaptein van die eerste netbalspan, sê: “Die netbalfees was vanuit ‘n netbaloogpunt baie goed gewees. Ons het nuwe vaardighede aangeleer wat ons definitief in die toekoms op die netbalbaan kan toepas. Ons het mekaar beter leer ken en dit was pret op en af van die netbalbaan.  Die toernooi was beslis ‘n leergeleentheid vir ons.”

Die uitslae van die  Paarl Gimnasium Netbalfees 2021 is as volg:

RHS verloor teen Paarl Gim :7-46

RHS speel gelykop teen H/S Bellville :21-21

RHS verloor teen Paarl Meisies :12-22

RHS verloor teen H/S Outeniqua:14-29

RHS verloor teen Bloemhof A:15-17

RHS verloor teen H. T. S Drostdy :17-18

RHS verloor teen Potch Gim :8-36

RHS wen teen Paarl Gim B:23-17

RHS verloor teen Paarl Girls High :10-25

 

– Olerato Sejosengoe

Leerders het vir van die foto’s hul maskers afgehaal.

May 4, 2021

PAARL GIM NETBALFEES 2021

RUSTIENETBAL VLIEG KAAP TOE VIR FEES Die Hoërskool Rustenburg se eerste netbalspan was een van 12 topnetbalspanne wat vanjaar vanaf 28 April tot 1 Mei aan […]