Raloka

RUSTIE-NETBAL GAAN KAMP

Ter voorbereiding vir die netbalseisoen wat voorlê, het die Hoërskool Rustenburg se o.14-,o.15-, 16A- en B-netbalspanne die naweek van die 22ste tot die 24ste April ‘n netbalkamp te Raloka bygewoon,.

Juffrou Marianne Ray, netbaldirekteur en afrigter van die o.16A-span sê: “Die doel van die kamp was om te leer, om n bietjie ou kennis te herroep en nuwe kennis vas te lê.”

Gedurende die naweek het die dogters baie hard aan hulle spel geoefen . Alhoewel hulle hard aan die oefen van Donderdag tot Saterdag was, was daar nog steeds tyd vir pret . Vrydagaand het die Rusties Noot-vir-Noot gespeel – ‘n speletjie wat die spelers se kennis in musiek getoets het. Saterdag, na oefening, het hulle ‘n watersportspanbou gehou wat hulle vermoë om as ‘n span saam te werk, uitgedaag het.

Robert Collier, ‘n skrywer van self-aktualiserings boeke, het eens gesê: “Sukses is die somtotaal van al jou klein pogings wat saamgetel word.”

Na al die harde werk tydens die netbaloefeninge  van die eerste kwartaal, kan ek, as netbalspeler, vol selfvertrou sê dat daar goeie dinge en sukses voorlê vir die Hoërskool Rustenburg se netbal.

– Olerato Sejosengoe

     

Leerders het vir van die foto’s hul maskers afgehaal en na dit weer afstand gehandhaaf. 

April 29, 2021

NETBALKAMP: RALOKA

RUSTIE-NETBAL GAAN KAMP Ter voorbereiding vir die netbalseisoen wat voorlê, het die Hoërskool Rustenburg se o.14-,o.15-, 16A- en B-netbalspanne die naweek van die 22ste tot die […]