Redaksie

RUSTIENUUS NOU AANLYN

Van links na regs: Zelmari Kruger, Minette Kloppers, Zachary Wangra, Mary-Jane Gibson, Olerato Sejosengoe, Calvin Turketti, Danae Hindmarsh-Russell, Bernadine Janse van Rensburg, Lezandri Coetzer, Kyle Sutton

 

Die RRR (Rustie Redaksie en Reklame span) is tydens die eerste kwartaal van die jaar gestig. Die RRR-span dek die nuutste gebeure op die Rustiekampus en die artikels word op die RHS webtuiste gepubliseer.

RRR lede vertel hoe hulle voel om deel van die span te wees:

Calvin Turketti (matriek) sê, “Dit is defnitief ‘n unieke ervaring. Jy moet kan kophou met gebeure wat plaasvind. Jy is ook op jou senuwees want jy weet nie wat die lesers sê terugvoer op jou artikel gaan wees nie, maar ek is glad nie spyt dat ek deel geword het van die RRR nie.”

Bernadine Janse van Rensburg, ‘n graad 10 leerder, sê: “Ek was verskriklik opgewonde om my artikel aanlyn te sien. Dit is lekker om ‘n finale produk te sien van al jou harde werk. Ons missie by die RRR is om mense te betrek en vir almal te wys watter fantastiese skool RHS is. Die RRR gee my die geleentheid om op ‘n ander manier betrokke te raak by skoolaktiwiteite.”

Danae Hindmarsh-Russell, ook ‘n graad 10 leerder, verduidelik, “Omdat ek nie iemand is wat sportief is nie, het ek altyd uit gevoel as ek sportspanne gesien het wat saam kuier en praat oor die spel wat hulle gespeel het. Nadat ek lid geword het van die RRR voel ek dat ek my eie groep gevind het. Dis mense wat dieselfde belangstelling en passie vir skryf deel. Ek voel meer betrokke by die skool en is deel van ‘n fantastiese span skrywers.”

Zachary Wangra, graad 10, sê, “Ek hou daarvan dat die artikels van die RRR nie net vir huidige Rusties is nie, maar ook vir oud-Rusties en die mense in die gemeenskap wat op hoogte wil bly van wat by RHS gebeur. Dit is lekker om die aktiwiteite te dek en ‘scoops’ te deel.”

 

Die RRR hou jou op hoogte van interessante gebeure, verskuilde talente en die nuutste nuus van die RHS-kampus.

 

Leerders het vir foto’s hul maskers afgehaal. 

April 21, 2021

RUSTIE REDAKSIE EN REKLAME SPAN

RUSTIENUUS NOU AANLYN Van links na regs: Zelmari Kruger, Minette Kloppers, Zachary Wangra, Mary-Jane Gibson, Olerato Sejosengoe, Calvin Turketti, Danae Hindmarsh-Russell, Bernadine Janse van Rensburg, Lezandri […]