RHSToneel

AGTER DIE GROEN GORDYN: DIE BESTE AAND TOT OP HEDE

Jy sal seker dink dat die leerders van die Hoërskool Rustenburg ‘n klomp vervelige tieners is, maar hulle is beslis nie. Die jaarlikse Agter die Groen Gordyn, wat verlede Donderdagaand plaasgevind het, was ‘n reusesukses. Die aap is uit die mou; die Rusties se geheime talente is verklap.

Die aand het afgeskop met die kultuurraad se Moord by die Coetzee-Kasteel. Die gehoor het geskaterlag en dit baie geniet. Die skrywer van dié toneel en kultuurraadvoorsitter, Hano van der Walt, sê dat hulle hard geoefen het en hulself vir oulaas geniet het.

Die gehoor het aan die akteurs van Geheime, wat deur juffrou Carli Grobler afgerig is, se lippe gehang. Vir dié in die gehoor wat nog nie Nommer 5 op KykNet gesien het nie, was die “remake” beslis beter as die kort film.

Daar kon nie ‘n beter seremoniemeester gewees het as Arend Brink nie. Almal wat die aand bygewoon het, het hul gate uit geniet vir Arend se “dad jokes”.

Na ‘n aand vol grappies en van baie lag, weet ons dit was beslis die moeite werd om hierdie jaar se produksie van Agter die Groen Gordyn by te woon.

 

– Calvin Turketti

           

Leerders het vir foto’s hul maskers afgehaal. 

April 19, 2021

AGTER DIE GROEN GORDYN 2021

AGTER DIE GROEN GORDYN: DIE BESTE AAND TOT OP HEDE Jy sal seker dink dat die leerders van die Hoërskool Rustenburg ‘n klomp vervelige tieners is, […]