Rusties

Rusties se idees is so blink soos hul skoene

Skoolskoene raak vinnig stowwerig en met die gejaagdheid soggens voor skool het nie alle Rusties tyd om hul skoene blink te vryf nie.

Voorkoms is egter ‘n belangrike deel van trotse Rustieskap, veral met die klem op die 100ste bestaansjaar in 2022. Met dit alles in gedagte het juffrou Antonette Antha ‘n “blink” plan gemaak om terselfdertyd ook haar woelige graad 11-voogklas gedurende voogperiodes besig te hou. Jayden de Fortier en sy pelle het heelhartig saam met hul juffrou gestem en hul skoen-skoonmaakbesigheid is gestig. Die besigheid ‘Shoe Shine’ het vorm aangeneem en hul dienste is op Leerdersake uitgestuur en geadverteer. Sommer gou het rye seuns by juffrou Antha se klas opgedaag om hul skoene teen geringe koste deur Jayden en sy kollegas te laat poets.

“Ek geniet dit om te sien hoe ons harde werk ander help! Ons het binne drie dae ongeveer 50 pare skoene al mooi skoongemaak. Die skool is streng oor voorkoms en daarom het ons fantastiese juffrou met die gedagte vorendag gekom om skoene skoon te maak! Dit alles teen slegs R5 per persoon,” vertel Jayden geesdriftig.

Leerders vind ‘Shoe Shine’ se dienste ideaal en ondersteun die nuwe inisiatief. ‘n Graad 8-leerder erken dat hy  te lui is om sy eie skoene soggens skoon te maak en daarom die besigheid ‘n volle 10 uit 10 gee. ‘n Ander kliënt vertel dat sy skoene amper nooit ordentlik skoon is nie en toe hy uitvind dat iemand bereid is om dit vir hom tydens voogperiode te doen, was dit wonderlike nuus.

– Juanél Geer

Maskers is afgehaal vir foto’s.

June 10, 2021

SHOE SHINE RUSTIE SKOEN-SKOONMAAK-INISIATIEF

Rusties se idees is so blink soos hul skoene Skoolskoene raak vinnig stowwerig en met die gejaagdheid soggens voor skool het nie alle Rusties tyd om […]
June 10, 2021

20 STUDIE TIPS VAN TOP 20

AKADEMIESE TOP 20 GEE STUDIE-ADVIES Die hele week is jy bang vir dié dag – die dag wat rapporte uitgedeel word. Jy voel hoe jou hart […]
June 10, 2021

RUSTIE GHOLFDAG 2O21

Die sukses agter die Rustie-gholfdag Die Rustie-gholfdag wat 4 Junie by die Rustenburg gholfbaan plaasgevind het was ‘n reuse sukses. Ons het gaan inloer by RHS […]
June 4, 2021

RUSTIE-PROFIEL: MNR GERT LINDIQUE

ADJUNKHOOF: DISSIPLINE EN SPORT Lede van die RRR (Rustie Redaksie- en reklamespan), Minette Kloppers en Mary-Jane Gibson, het met mnr. Gert Lindique ‘n onderhoud gevoer om […]