Skaak

MAAK JOU SKUIF

Hoërskool Rustenburg se skaakspan het die vorige naweek deelgeneem aan die NWU Sportreeks en teen Hoërskool Jeugland gespeel. Die senior- en juniorspanne het gewen.

Hendre Fourie, seniorskaakkaptein, sê: “Die span het baie goed gevaar. Die toernooi was ‘n lekker ervaring. Dit was goed om weer teenoor ‘n goeie speler te sit en te speel.”

RHS se skaakspanne gaan deur die jaar deelneem aan vele kompetisies en oefen Donderdae teen mekaar. Jaarliks woon hulle die bekende Arnold Classic Africa by waar hulle al telkemale teen Arnold Schwarzenegger, akteur en passievolle skaakspeler, gewen het.

 

Skaak interessanthede:

Rusties het al vele male gevra: Is skaak ‘n sport? Die RRR het ondersoek gaan instel. Ja, skaak is n sport. Volgens London Chess Conference is skaak vanaf 2000 deur die Internasionale Olimpiese Kommitee as ‘n sport geklassifiseer.

Spelers hou van dié sportsoort omdat dit sekere vaardighede ontwikkel. Eerstens dra dit by tot die herroep van skuiwe en verbeter dit jou geheue. Dit help ook met probleemoplossingsvaardighede. Rusties sluit ook by skaak aan om nuwe mense te ontmoet, in te skakel, hulself uit te daag en om dalk ‘n paar nuwe balkies te verwerf.

 

– Zachary Wangra & Kyle Sutton

Bronne: Londonchessconference.com

April 19, 2021

SKAAK RHS

MAAK JOU SKUIF Hoërskool Rustenburg se skaakspan het die vorige naweek deelgeneem aan die NWU Sportreeks en teen Hoërskool Jeugland gespeel. Die senior- en juniorspanne het […]