Sosialeweek2021

RUSTIES GAAN GROOT VIR GEES

Sosialeweek was beslis ‘n belewenis. Juffrou Yvette van Jaarsveldt, sosialeraadvoog, sê dat die beplanning vir dié week al vroeg in die eerste kwartaal begin het. Vir juffrou Yvette was die hoogtepunt Disney Dinsdag met die Disney-loop en almal se mooi-oulike uitrustings.

 

Melissa Janse van Rensburg (sosialeraadvoorsitter)

Tydens ‘n onderhoud met Melissa Janse van Rensburg, sosialeraadvoorsitter, oor sosialeweek het sy gesê: “Ons wou die sosiale week baie spesiaal maak omdat ons nie verlede jaar een gehad het nie. Ons het op die tema All Around the World besluit. Die gedagte was dat leerders elke dag soos ‘n ander wêreldsdeel kon aantrek.” Vir Melissa was Vrydag die dag waarna sy die meeste uitgesien het.

WILD WEST WOENSDAG

Woensdag se tema was Wild West. Op die Rustiekampus het dit soos iets uit ‘n western-film gelyk. Leerders het met cowboy boots en hoede rondgeloop.

Wild West in die Groot Vierkant

Disney Dinsdag graad 11

VIVA MEXICO DONDERDAG

Donderdag was iets héél anders met Viva Mexico. Die Rusties het unieke, kleurvolle en oorspronklike uitrustings uit huk kaste ogetower.

Viva Mexico

Viva Mexico onnie-spangees

Sean Douglas en Antonique Olivier (graad 12)

Sean Douglas sê: “Die tema het my só geïnspireer dat ek self my gesig geverf het en selfs ‘n bietjie Spaans geleer het.” Antonique Olivier verduidelik wat haar inspirasie vir die week was: “Hierdie is ons laaste jaar in die skool. Daarom het ek en my vriende besluit om voluit te gaan en elke dag volgens die tema aan te trek.”

Donderdagaand was daar ‘n piekniek in die saal waar leerders saam met hulle vriende gekuier en baljaar het. Die Minute to Win it-kompetisie het vir vermaak gesorg. Evan Labuschagne en Charl Naudé is as die wenners aangewys.

Minute to Win It-kompetisie in die saal

EG SUID-AFRIKAANSE VRYDAG

Troepe 2021 vang gees Vrydag by Rustieraadopening

Vrydag was Eg Suid-Afrikaans. Ons het baie gehou van Frinéze Potgieter, graad 8, se kreatiwiteit. Sy is Vrydag ook as die besgeklede Rustie aangewys.

Frineze Potgieter (graad 8)

Frinéze sê: “Ek het navorsing gaan doen oor tradisionele en eg Suid-Afrikaanse toerustings en toe met dié vorendag gekom.”

Vrydag was ‘n treffer vir meeste van die leerders omdat di teen van ons gunsteling tradisies, VVV (Vinnige Vleisie Vrydag), ingesluit het. Terwyl almal tydens pouse vure aangesteek en gebraai het, was daar ook ‘n Meester-Braaibroodjie-kompetisie. Deelnemers kon hulle Master Chef vaardighede uithaal. Eerste plek het gegaan aan Ise-Marie Erasmus en Anneri Marais. Tweede plek is toegeken aan Karli Hendrikse en Melissa Janse van Rensburg.

– Zelmari Kruger

Braaibroodjie-kompetisie beoordelaars

Eg Suid-Afrikaans

Braaibroodjie-kompetisie

Onnies braai saam 

May 8, 2021

SOSIALEWEEK 2021 – AROUND THE WORLD

RUSTIES GAAN GROOT VIR GEES Sosialeweek was beslis ‘n belewenis. Juffrou Yvette van Jaarsveldt, sosialeraadvoog, sê dat die beplanning vir dié week al vroeg in die […]
May 4, 2021

SOSIALEWEEK SKOP AF

ALOHA-PRET MAANDAG Die Hoërskool Rustenburg skop hul eerste week van kwartaal 2 by die skool af met iets wat almal al lank na uitsien: SOSIALE WEEK. […]