Om ‘n goeie fliek te vind kan soms ‘n uitdaging wees. Hoe nou gemaak met die duisende flieks wat op Netflix beskikbaar is? Die RRR het gaan navorsing doen oor die topflieks en of jy mal is oor romcoms, aksiegelaaide storielyne, komedies of ‘n ander genre, hier volg tien wat jy (weer) kan kyk.
Die COVID-19-pandemie het ‘n impak op byna alle aspekte van ons lewens gehad en die rolprentbedryf is geen uitsondering nie. As gevolg van die pandemie moes verskeie flieks hul vrystellingsdsatums baie verander. Toe Wonder Woman 1984 in 2020 uitgekom het, was dit ‘n opwindende briesie vars vermaak vir die meeste van ons. Gal Gadot wat die rol van Wonder Woman vertolk doen dit uitstekend. Diana Price, die hoofkarakter, bevind haar in die 1980s waar sy vermom steeds ander mense help en die gemeenskap veilig hou, maar binnekort gaan sy in ‘n tweestryd gewikkel wees met Maxwell Lord en ‘n voormalige kennis.
Avengers: Endgame is ‘n 2019 Amerikaanse superheldfilm gebaseer op die Marvel Comics superheldspan die Avengers . Na die verwoestende gebeure van Avengers: Infinity War (2018), is die heelal in duie. Nadat Thanos die heelal vernietig het moet die Avengers weer verenig om die balans te herstel en hulle spanmaats red.
Selfs as jy nie veel van flieks hou wat handel oor motors nie, is die kans goed dat jy opgewonde sal raak oor Ford v Ferrari ( Le Mans ’66 in sommige Europese lande). Dit is ‘n Amerikaanse sportdramafilm. Die Amerikaanse motorontwerper Carroll Shelby en renmotorbestuurder Ken Miles veg teen korporatiewe inmenging en die wette van fisika om ‘n revolusionêre renmotor vir Ford te bou om Ferrari in 1966 gedurende die 24 uur lange Le Mans-wedren te verslaan.
‘n Tydjie terug het lede van die Star Wars-gemeenskap die fliekteaters regoor die wêreld volgepak om die finale episode van die Skywalker Saga te sien. Star Wars: The Rise of Skywalker is die derde fliek in die onlangste Star Wars-trilogie. Dit volg op The Force Awakens (2015) en The Last Jedi (2017). Die oorblywende lede van die Resistance kom weer te staan teen die First Order en die legendariese konflik tussen die Jedi en die Sith speel voor vasgenaelde fliekgangers af en die Skywalker Saga eindig op ‘n hoogtepunt.
Indien jy ‘n liefhebber van romcoms is, is die To All the Boys-fliekreeks vir jou. In die eerste film word Lara-Jean se geheime liefdesbriewe wat sy geskryf het aan al die seuns gepos. Kort voor lank bevind sy haarself in ‘n voorgee-verhouding wat lei tot interessante gevolge. Die reeks bestaan uit: To All the Boys I’ve Loved Before (2018), To All the Boys: P.S. I Still Love (2020) en To All the Boys: Always and Forever (2021).
Die geliefde en bekende Alladin van 1992 is deur Disney oorgemaak en oortref alle verwagtinge. Die karakters het diepte en vat jou op ‘n reis na Agrabah. Hoofkarakter Alladin raak verlief op die prinses, Jasmine. Met die hulp van Genie word deure vir hom oopgemaak en dat hy alles kry wat hy graag wou hê, tot hy te staan kom teen Jafar, ‘n bose towenaar.
Jumanji: The Next Level volg na die 2017 Jumanji: Welcome to the Jungle. Spencer speel Jumanji en bevind homself weer in die fiktiewe wêreld. Die bekende karakters (Dwayne Johnson, Jack Black, Kevin Hart en Karen Gillan) van die eerste film is terug, maar die spel het verander. Martha, Fridge en Bethany besluit om Spencer te gaan red en weereens aan die wêreld se gevaarlikste spel te ontsnap. Met meer aksie en verrassings sal die lede dapper moet wees om die droë woestyne en sneeuberge te oorleef.
In die komedie Instant Family besluit ‘n getroude paartjie om ‘n tiener in pleegsorg aan te neem. Hul vind egter later uit dat die tiener wat hulle wil aanneem, twee jonger broers en susters het wat hulle ook sal moet inneem. Met die ondersteuning van Karen en Sharon, ontdek Pete en Ellie dat daar meer aan ouerskap is as speelgoed en etes. Veral wanneer jou drie kinders gevegte van hul eie veg.
In The Boss Baby word sewejarige Tim jaloers wanneer sy ouers al hul aandag aan sy nuwe boetie gee. Tim leer gou dat die baba kan praat en dat hy ‘n geheime agent is. Die twee span saam om die bose planne van die uitvoerende hoof van Puppy Co. te stop. The Boss Baby is ‘n briljante flim vir die hele gesin.
Wie hou nou nie van ‘n goeie musical nie? Die tweede Mamma Mia is een van daardie voelgoed films, met ABBA-treffers en fantastiese danse is dit ‘n mengsel van romanse en drama. Sophie Sheridan leer meer oor haar ma, Donna, se geskiedenis op die eiland Kalokairi en brei uit oor Donna se jeug en hoe sy Sophie se drie pa’s ontmoet het.
-Olerato Sejosengoe
Images used from the following websites: Businessinsider.com, Binged.com, Youtube.com, Za.ign.com, Cnet.com, Forbes.com, Netflix.com, Browngirlmagazine.com, Rednationonline.ca, denofgeek.com